Vance verdedig ICE na aanhouding van seun, 5

Loading player...
Die Amerikaanse vispresident JD Vance, het ICE-beamptes verdedig na hulle ‘n vyfjarige seun aangehou het wat van ‘n kleuterskool in Minnesota by die huis aangekom het. Berigte lui dat hulle hom na bewering "as lokaas" gebruik het om sy pa, wat 'n hangende asielsaak het, aan te keer. Vance sê die beamptes moes die kind beskerm omdat sy pa gevlug het.
23 Jan 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nee, koue en sneeu nie op pad na Okahandja

Dit was net onstabiele atmosfeer wat bo Okahandja was. Dit na die dorp kitsvloede Donderdagnamiddag ervaar het met ‘n wolkbreuk wat nie net stortreën gelewer het nie, maar erge haal. Die swaar reën het omstreeks sesuur namiddag begin en in haelstene ontwikkel. Video’s op sosiale media toon tot 30cm hael…
24 Apr 9AM 1 min

Operasie in Tshwane vang 339 verdagtes, 61 onwettige immigrante

ʼn Multidissiplinêre operasie in Akasia en Pretoria-Noord het Donderdag gelei tot die inhegtenisneming van 339 verdagtes. Hulle is weens verskeie strafregtelike oortredings vasgetrek, onder meer moord, poging tot moord en gewapende roof. Polisiewoordvoerder Johan van Dyk sê 61 onwettige immigrante is aangekeer en aan immigrasiebeamptes oorhandig:
24 Apr 9AM 1 min

Operasie Prosper lewer te min resultate in Wes-Kaap

Die regering van die Wes-Kaap doen 'n beroep op 'n dringende hersiening van misdaadbestrydingpogings, met huidige pogings onder Operasie Prosper wat te min resultate lewer. Premier Alan Winde sê gemeenskappe het steeds te kampe met hoë vlakke van misdaad ondanks voortgesette polisie- en militêre ontplooiings. Winde doen 'n beroep op…
24 Apr 6AM 1 min

Geen land wat Israel beset het, floreer nie - Carlson

Oud-Trump-bondgenoot Tucker Carlson sit sy kritiek teenoor president Donald Trump voort en behalwe dat hy sê hy lank geteister sal word deur die feit dat hy 'n rol gespeel het om Trump verkies te kry, het hy sy visier ook op Israel. Hy sê geen plek wat deur Israel beset…
24 Apr 6AM 1 min

Jacky Britz ingehuldig as Baster-kaptein

Kaptein Jacky Britz is vandag op Rehoboth by die Lutherse Kerk as Baster-kaptein ingehuldig. Hy is op 9 Februarie na ‘n lang leierskapsgeskil deur die lynminister James Sankwasa bevestig. Hy het sy eed voor ds. Soraya Mostert afgelê.
24 Apr 5AM 1 min