Gaza-herbouplan: Trump sal sy riviera kry

Loading player...
Daar is talle vrae oor die sogenaamde Vredesraad en ontwikkelingsplan vir Gaza soos deur president Donald Trump in Davos bekend gestel. Sy droom van ‘n riviera in die Midde-Ooste sal verwesenlik word volgens die planne maar, kontrakteurs is almal Amerikaans en is bondgenote van of Trump self, of die Republikeinse Party. Intussen is Palestyne nie geken in die infrastruktuurplan nie en volgens die VN, ly die Gaza-bevolking steeds met net 40 persent van hulp wat aankom in die meer as 1 000 kampe in die strook. VN-woordvoerder, Stephane Dujarric.
23 Jan 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nee, koue en sneeu nie op pad na Okahandja

Dit was net onstabiele atmosfeer wat bo Okahandja was. Dit na die dorp kitsvloede Donderdagnamiddag ervaar het met ‘n wolkbreuk wat nie net stortreën gelewer het nie, maar erge haal. Die swaar reën het omstreeks sesuur namiddag begin en in haelstene ontwikkel. Video’s op sosiale media toon tot 30cm hael…
24 Apr 9AM 1 min

Operasie in Tshwane vang 339 verdagtes, 61 onwettige immigrante

ʼn Multidissiplinêre operasie in Akasia en Pretoria-Noord het Donderdag gelei tot die inhegtenisneming van 339 verdagtes. Hulle is weens verskeie strafregtelike oortredings vasgetrek, onder meer moord, poging tot moord en gewapende roof. Polisiewoordvoerder Johan van Dyk sê 61 onwettige immigrante is aangekeer en aan immigrasiebeamptes oorhandig:
24 Apr 9AM 1 min

Operasie Prosper lewer te min resultate in Wes-Kaap

Die regering van die Wes-Kaap doen 'n beroep op 'n dringende hersiening van misdaadbestrydingpogings, met huidige pogings onder Operasie Prosper wat te min resultate lewer. Premier Alan Winde sê gemeenskappe het steeds te kampe met hoë vlakke van misdaad ondanks voortgesette polisie- en militêre ontplooiings. Winde doen 'n beroep op…
24 Apr 6AM 1 min

Geen land wat Israel beset het, floreer nie - Carlson

Oud-Trump-bondgenoot Tucker Carlson sit sy kritiek teenoor president Donald Trump voort en behalwe dat hy sê hy lank geteister sal word deur die feit dat hy 'n rol gespeel het om Trump verkies te kry, het hy sy visier ook op Israel. Hy sê geen plek wat deur Israel beset…
24 Apr 6AM 1 min

Jacky Britz ingehuldig as Baster-kaptein

Kaptein Jacky Britz is vandag op Rehoboth by die Lutherse Kerk as Baster-kaptein ingehuldig. Hy is op 9 Februarie na ‘n lang leierskapsgeskil deur die lynminister James Sankwasa bevestig. Hy het sy eed voor ds. Soraya Mostert afgelê.
24 Apr 5AM 1 min