Ekonome meen rand sal verder versterk

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse rand vertoon uiters goed teen veral die Amerikaanse dollar en neig na 16 toe. Die Amerikaanse dollar sukkel op die oomblik met beleggers wat veilige bates soos goud verkies en Amerikaanse bates verkoop as gevolg van onsekerheid. Sommige ekonome meen dat die wisselkoers verder kan verbeter na 15-iets teen die dollar en die Suid-Afrikaanse ekonoom Chris Hart het aan Kosmos 94.1 Nuus ook gesê dat dit verder verbeter.
23 Jan 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nee, koue en sneeu nie op pad na Okahandja

Dit was net onstabiele atmosfeer wat bo Okahandja was. Dit na die dorp kitsvloede Donderdagnamiddag ervaar het met ‘n wolkbreuk wat nie net stortreën gelewer het nie, maar erge haal. Die swaar reën het omstreeks sesuur namiddag begin en in haelstene ontwikkel. Video’s op sosiale media toon tot 30cm hael…
24 Apr 9AM 1 min

Operasie in Tshwane vang 339 verdagtes, 61 onwettige immigrante

ʼn Multidissiplinêre operasie in Akasia en Pretoria-Noord het Donderdag gelei tot die inhegtenisneming van 339 verdagtes. Hulle is weens verskeie strafregtelike oortredings vasgetrek, onder meer moord, poging tot moord en gewapende roof. Polisiewoordvoerder Johan van Dyk sê 61 onwettige immigrante is aangekeer en aan immigrasiebeamptes oorhandig:
24 Apr 9AM 1 min

Operasie Prosper lewer te min resultate in Wes-Kaap

Die regering van die Wes-Kaap doen 'n beroep op 'n dringende hersiening van misdaadbestrydingpogings, met huidige pogings onder Operasie Prosper wat te min resultate lewer. Premier Alan Winde sê gemeenskappe het steeds te kampe met hoë vlakke van misdaad ondanks voortgesette polisie- en militêre ontplooiings. Winde doen 'n beroep op…
24 Apr 6AM 1 min

Geen land wat Israel beset het, floreer nie - Carlson

Oud-Trump-bondgenoot Tucker Carlson sit sy kritiek teenoor president Donald Trump voort en behalwe dat hy sê hy lank geteister sal word deur die feit dat hy 'n rol gespeel het om Trump verkies te kry, het hy sy visier ook op Israel. Hy sê geen plek wat deur Israel beset…
24 Apr 6AM 1 min

Jacky Britz ingehuldig as Baster-kaptein

Kaptein Jacky Britz is vandag op Rehoboth by die Lutherse Kerk as Baster-kaptein ingehuldig. Hy is op 9 Februarie na ‘n lang leierskapsgeskil deur die lynminister James Sankwasa bevestig. Hy het sy eed voor ds. Soraya Mostert afgelê.
24 Apr 5AM 1 min