Namibië kan meer as 900 miljoen Amerikaanse dollar, meer as N$14 miljard, in nuwe ekonomiese aktiwiteit ontsluit en ongeveer 26 000 werksgeleenthede skep deur strategies uit te brei na die uitvoer van rou minerale, volgens 'n nuwe verslag deur die VN se Handels- en Ontwikkelingsorganisasie. Kosmos 94.1 Nuus het met…
Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte het die invoer van noodvoorrade van bek-en-klouseer-entstof goedgekeur om te help om die veesektor te beskerm. Die owerheid het spesiale magtiging verleen om die Dollvet bek-en-klouseer-entstof in te voer, wat verseker dat boere en veeartse diere teen die hoogs aansteeklike siekte kan beskerm. Alle invoere…
Die eerste been van die 2026 Nasionale Veldfietskampioenskappe vind vandag by die Gallina Motocross Park net buite Windhoek plaas. Dit beloof ‘n dag propvol aksie, sê Kosmos 94.1 se Francois Lottering. Hy doen verslag:
Wetteloosheid en beamptes van die gereg wat vir hul lewens vrees in die uitvoering van hul pligte, sal nie in Namibië geduld word nie, sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah. Die staatshoof, wat tans die leierspitsberaad van die Afrika-unie in Ethiopië bywoon, se boodskap is Vrydagmiddag namens haar deur eerste minister Elijah…
Vrydag die 13de het sy reputasie gestand gedoen en die Copps 94.1-span in Windhoek moes gisteraand bontstaan om wet en orde te handhaaf. In Evelinestraat in die hoofstad het selfs Kosmos 94.1 se Arthur van Graan ingespring en sy lyf misdaadbekamper gehou. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was deel van…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.