Senteeko-damwal in Mpumalanga in gedrang

Loading player...
Die departement van water en sanitasie waarsku die publiek dat die wal van die Senteeko-dam, in die Kaaprivier-opvangsgebied in Mpumalanga, die risiko loop om te breek. 'n Woordvoerder, Wisane Mavasa, sê daar is deur 'n noodveiligheidsevaluering vasgestel dat die dam se oorloopstruktuur ernstig en onomkeerbaar agteruit gegaan het. Dit sluit in gevorderde erosie en insnyding met gevolglike strukturele onbestendigheid. Sy sê die damwal kan sonder verdere waarskuwing ineenstort:
24 Jan 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namibië kan duisende werke ontsluit deur strategies uit te brei, sê VN

Namibië kan meer as 900 miljoen Amerikaanse dollar, meer as N$14 miljard, in nuwe ekonomiese aktiwiteit ontsluit en ongeveer 26 000 werksgeleenthede skep deur strategies uit te brei na die uitvoer van rou minerale, volgens 'n nuwe verslag deur die VN se Handels- en Ontwikkelingsorganisasie. Kosmos 94.1 Nuus het met…
14 Feb 2AM 1 min

SA keur invoer van BKS-enstof goed

Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte het die invoer van noodvoorrade van bek-en-klouseer-entstof goedgekeur om te help om die veesektor te beskerm. Die owerheid het spesiale magtiging verleen om die Dollvet bek-en-klouseer-entstof in te voer, wat verseker dat boere en veeartse diere teen die hoogs aansteeklike siekte kan beskerm. Alle invoere…
14 Feb 2AM 1 min

Veldfiets: MotoCross-aksie vandag by Gallina

Die eerste been van die 2026 Nasionale Veldfietskampioenskappe vind vandag by die Gallina Motocross Park net buite Windhoek plaas. Dit beloof ‘n dag propvol aksie, sê Kosmos 94.1 se Francois Lottering. Hy doen verslag:
14 Feb 1AM 1 min

NNN ferm oor veiligheid van regsbeamptes

Wetteloosheid en beamptes van die gereg wat vir hul lewens vrees in die uitvoering van hul pligte, sal nie in Namibië geduld word nie, sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah. Die staatshoof, wat tans die leierspitsberaad van die Afrika-unie in Ethiopië bywoon, se boodskap is Vrydagmiddag namens haar deur eerste minister Elijah…
14 Feb 1AM 1 min

Copps 94.1: Amok in hoofstad op Vrydag, die 13de

Vrydag die 13de het sy reputasie gestand gedoen en die Copps 94.1-span in Windhoek moes gisteraand bontstaan om wet en orde te handhaaf. In Evelinestraat in die hoofstad het selfs Kosmos 94.1 se Arthur van Graan ingespring en sy lyf misdaadbekamper gehou. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was deel van…
13 Feb 11PM 1 min