Vaaldam se water veilig om te drink, sê Rand Water

Loading player...
Rand Water het kennis geneem van ’n WhatsApp-boodskap wat sosiale media laat gons waarin beweer word dat die Vaaldam vergiftig is en kraanwater nie gedrink moet word sonder om dit eers te kook nie. Woordvoerder Makenosi Maroon sê Rand Water verwerp hierdie bewerings kategories as vals en misleidend. Sy verduidelik dat Rand Water rouwater uit die Vaaldam onttrek, wat ’n deeglike behandelingsproses ondergaan voordat dit aan verbruikers gelewer word. Die water word deeglik getoets om te voldoen aan gesondheids- en veiligheidsnorme, en daar is geen risiko vir die publiek se gesondheid nie, sê Maroon.
25 Jan 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Operasie Prosper lewer te min resultate in Wes-Kaap

Die regering van die Wes-Kaap doen 'n beroep op 'n dringende hersiening van misdaadbestrydingpogings, met huidige pogings onder Operasie Prosper wat te min resultate lewer. Premier Alan Winde sê gemeenskappe het steeds te kampe met hoë vlakke van misdaad ondanks voortgesette polisie- en militêre ontplooiings. Winde doen 'n beroep op…
24 Apr 6AM 1 min

Geen land wat Israel beset het, floreer nie - Carlson

Oud-Trump-bondgenoot Tucker Carlson sit sy kritiek teenoor president Donald Trump voort en behalwe dat hy sê hy lank geteister sal word deur die feit dat hy 'n rol gespeel het om Trump verkies te kry, het hy sy visier ook op Israel. Hy sê geen plek wat deur Israel beset…
24 Apr 6AM 1 min

Jacky Britz ingehuldig as Baster-kaptein

Kaptein Jacky Britz is vandag op Rehoboth by die Lutherse Kerk as Baster-kaptein ingehuldig. Hy is op 9 Februarie na ‘n lang leierskapsgeskil deur die lynminister James Sankwasa bevestig. Hy het sy eed voor ds. Soraya Mostert afgelê.
24 Apr 5AM 1 min

NNN se visdialoog spreek nie kwessies aan of leer lesse nie

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het 'n beroep gedoen op 'n oop dialoog in Namibië se visbedryf met vakbonde wat waarsku dat die sektor in 'n krisis verkeer, met werkers wat onsekerheid, swak toestande en beperkte voordele in die gesig staar. Die president sluit vandag 'n driedaagse konsultasie met vismaatskappye op Walvisbaai…
24 Apr 5AM 1 min