VN moet onpartydig wees, waarom by Swapo vergader?

Loading player...
Die IPC het die Verenigde Nasies se inwonende koördineerder, Hopolang Phororo, tereggewys omdat sy griewe van burgers by die hoofkwartier van 'n politieke party eerder as by 'n regeringsministerie aangespreek het. Dit kom nadat die VN met meer as 400 voormalige bevrydingstrydvlugtelinge by die Swapo-hoofkwartier in Windhoek vergader het om langdurige vrae oor 1989-repatriasiefondse te beantwoord. Die IPC se skaduminister van internasionale betrekkinge, Rodney Cloete, sê die VN is veronderstel om sulke vergaderings in neutrale plekke te hou, aangesien nie al daardie individue Swapo-lede is nie.
26 Jan 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NNN ferm oor veiligheid van regsbeamptes

Wetteloosheid en beamptes van die gereg wat vir hul lewens vrees in die uitvoering van hul pligte, sal nie in Namibië geduld word nie, sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah. Die staatshoof, wat tans die leierspitsberaad van die Afrika-unie in Ethiopië bywoon, se boodskap is Vrydagmiddag namens haar deur eerste minister Elijah…
14 Feb 1AM 1 min

Copps 94.1: Amok in hoofstad op Vrydag, die 13de

Vrydag die 13de het sy reputasie gestand gedoen en die Copps 94.1-span in Windhoek moes gisteraand bontstaan om wet en orde te handhaaf. In Evelinestraat in die hoofstad het selfs Kosmos 94.1 se Arthur van Graan ingespring en sy lyf misdaadbekamper gehou. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was deel van…
13 Feb 11PM 1 min

Daar's nog fut in die somer vir gewas-aanplantings

Boere word aangemoedig om die hitte en reënseisoen steeds te benut om aanplantings te maak. Hanks Saisai, Agribank se tegniese adviseur vir akkerbou, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en verduidelik watter gewasse aangeplant kan word vir oes in Augustus.
13 Feb 10AM 1 min

EEF-Jeugkommando voer veldtog teen onwettige kolleges

Die EFF-Jeugkommando het met 'n veldtog begin om ongeregistreerde en onwettige kolleges te identifiseer en te sluit. Die land het 26 openbare universiteite en ongeveer 145 geregistreerde privaat hoëronderwysinstellings. Phumelele Mshumi van die organisasie sê ongeregistreerde privaat kolleges wat buite die stelsel bedryf word is onwettig, en hul kwalifikasies het…
13 Feb 10AM 1 min