Aanlyn aansoeke vir NSFAF is oop

Loading player...
Die regering het die aanlyn aansoeke vir 2026 NSFAF amptelik van stapel gestuur. Die lynminister het beklemtoon dat die regering sal voortgaan om klasgeld en registrasiegelde vir in aanmerking komende studente te dek, terwyl behoeftegebaseerde nie-klasgeldondersteuning verskaf word om met lewenskoste te help. Dr. Sanet Steenkamp het ook 'n beroep op die privaatsektor gedoen om billikheidsgedrewe befondsing en innoverende leermodelle te ondersteun.
26 Jan 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NNN ferm oor veiligheid van regsbeamptes

Wetteloosheid en beamptes van die gereg wat vir hul lewens vrees in die uitvoering van hul pligte, sal nie in Namibië geduld word nie, sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah. Die staatshoof, wat tans die leierspitsberaad van die Afrika-unie in Ethiopië bywoon, se boodskap is Vrydagmiddag namens haar deur eerste minister Elijah…
14 Feb 1AM 1 min

Copps 94.1: Amok in hoofstad op Vrydag, die 13de

Vrydag die 13de het sy reputasie gestand gedoen en die Copps 94.1-span in Windhoek moes gisteraand bontstaan om wet en orde te handhaaf. In Evelinestraat in die hoofstad het selfs Kosmos 94.1 se Arthur van Graan ingespring en sy lyf misdaadbekamper gehou. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was deel van…
13 Feb 11PM 1 min

Daar's nog fut in die somer vir gewas-aanplantings

Boere word aangemoedig om die hitte en reënseisoen steeds te benut om aanplantings te maak. Hanks Saisai, Agribank se tegniese adviseur vir akkerbou, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en verduidelik watter gewasse aangeplant kan word vir oes in Augustus.
13 Feb 10AM 1 min

EEF-Jeugkommando voer veldtog teen onwettige kolleges

Die EFF-Jeugkommando het met 'n veldtog begin om ongeregistreerde en onwettige kolleges te identifiseer en te sluit. Die land het 26 openbare universiteite en ongeveer 145 geregistreerde privaat hoëronderwysinstellings. Phumelele Mshumi van die organisasie sê ongeregistreerde privaat kolleges wat buite die stelsel bedryf word is onwettig, en hul kwalifikasies het…
13 Feb 10AM 1 min