Wanneer twee broers oor ‘n simpel misverstand ‘n groot stryery begin, kom ‘n rondresisende krynwerker tot hulle redding en help om nie net hulle probleem nie, maar sommer ook hulle stryery op te los.
As die koning na ‘n vrou begin soek, is sy barbier gereed met ‘n towerspieël wat met die soektog kan help. Maar daar is ‘n voorwaarde betrokke wat maak dat baie minder kandidate as verwag opdaag.
‘n Storm, ‘n verlate huisie, vreemde instruksies en ‘n baie groot (en wollerige) verrassing. Dít is wat alles op jong Wimpie wag as hy skuiling soek tydens ‘n reënbui. Maar gaan sy nuuskierigheid hom net dieper in die moeilikheid kry?
In die ou tye was hulle meesterlike vakmanne wat vir die gode gewerk het, maar deesdae ken ons hulle as eensame reuse met een onderskeidende kenmerk: Net een oog in die middel van hulle voorkop. Hierdie Kreatiewe Kreatuur is… ‘n Sikloop, of Eenoog.
Hulle is beslis meer bekend in Japan as in die res van die wêreld, maar hulle is nie sommer eenvoudige monsters nie. Hulle is gewoonlik vreesaanjaend, maar soms meer kompleks. Hierdie Kreatiewe Kreatuur is… ‘n Oni
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.