Stortvloed reën veroorsaak skade in Okahandja

Loading player...
Okahandja het swaar reën Dinsdagaand ontvang met tot meer as 100 mm wat in plekke ontvang is. Skade is wel aangerig. Kosmos 94.1 Nuus het met adjunk-burgemeester van Okahandja gepraat, Charl Coetzee wat verduidelik dat die dorpsraad steeds die omvang van die skade bepaal.
28 Jan 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

'CoW mislei inwoners,' sê aktivis

Nadat Stad Windhoek 'n uitnodiging wat deur die Khomas Ratepayers Association aan alle inwoners gerig is as misleidend bestempel het, het die woordvoerder van die vereniging, Shaun Gariseb, sterk gereageer. Volgens hom mislei die Stad die inwoners. Die uitnodiging is na wat die vereniging 'n kritieke vergadering met die volle…
29 Jun 11AM 1 min

Cran kry MTC voor stok oor data, diens

Kommer deur MTC-kliënte oor data wat vinnig verdwyn, onduidelike fakturering en algemene diensgehalte het Cran tot aksie gedryf. Die reguleerder het met MTC vergader om toesig te versterk en 'n tegniese verifikasieproses van stapel te stuur wat daarop gemik is om klagtes te ondersoek en verbruikersvertroue te herstel. Cran-woordvoerder Mufaro…
29 Jun 10AM 1 min

Ernstige misdaad steeds groot probleem in Otjozondjupa

Ondanks voortdurende pogings om misdaad te bestry, worstel die Otjozondjupa-streek steeds met ernstige oortredings wat wissel van veediefstal en stropery tot moord, verkragting en bedrog. In sy 2026 streeksrede het goewerneur John ||Khamuseb gesê veediefstal en stropery bly volgehoue uitdagings wat gemeenskappe regoor die streek raak.
29 Jun 10AM 1 min

Lae uraanprys hopelik van korte duur

Uraantermynkontrakte in die VSA het in Junie op ongeveer 85 Amerikaanse dollar gestaan en sodoende die noue band gehandhaaf waarin hulle sedert vroeg in April beweeg – nadat die skerp styging na bo 100 dollar van vroeër vanjaar uitgewis is. Die afkoeling ná die spekulatiewe prysstyging het saamgeval met beperkte…
29 Jun 9AM 1 min

Sokker: Bafana se Broos besin oor toekoms

Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, sê hy gaan nog besin oor sy toekoms. Hy het vroeër gesë hy kan dalk vertrek wanneer Suid-Afrika se Wêreldbeker-reis tot 'n einde kom. Sondag se nederlaag teen Kanada het 'n einde gebring aan 'n geskiedkudige veldtog waarin Bafana die eerste keer die uitklopfase…
29 Jun 9AM 1 min