Keir Starmer wil verhouding met China bestendig maak

Loading player...
Die Britse eerste minister, Keir Starmer, sê terwyl China een van die wêreld se grootste ekonomiese spelers is, is 'n strategiese en betroubare verhouding met hulle in nasionale belang. Hy begin vandag sy driedaagse besoek aan die Oosterse moondheid en wil graag die verhouding met president Xi Jinping bestendig maak na jare se spanning oor veiligheid, Hongkong en menseregteskendings. Starmer sê sy besoek kan beduidende geleenthede vir Britse maatskappye ontsluit:
28 Jan 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Mylpaalprojek oor klimaataanpassing in gemeenskap voltooi

Namibië het een van sy grootste gemeenskaps-klimaataanpassingsprojekte afgehandel. Die Omgewingsbeleggingsfonds het die vyfjaar-Irema-inisiatief van 10 miljoen Amerikaanse dollar in Sesfontein, Fransfontein en Warmquelle in die Kunene-streek suksesvol voltooi. Die projek is in 2018 deur die Groen Klimaatfonds goedgekeur en saam met die landbouministerie geïmplementeer. Dit het groenskemas en boorgate gerehabiliteer,…
13 Feb 3AM 1 min

Cosatu verheug oor miljarde wat in Lughawensmaatskappy belê word

In Suid-Afrika verwelkom die vakbondfederasie Cosatu die belegging van 21,7-miljard Suid-Afrikaanse rand in infrastruktuur wat die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika vir die volgende vyf jaar beplan. Die projekte sluit in 'n nuwe binnelandse aankomssaal en aanloopbaan vir die Kaapstadse Internasionale Lughawe en 'n herontwerpte vragpakhuis vir OR Tambo in Gauteng. Matthew…
13 Feb 3AM 1 min

Skoolvervoeroperateurs ruk op na Gautengse wetgewer

Skoolvervoeroperateurs wat aan die Groter-Gautengse Leerdervervoerorganisasie behoort, ruk vandag op na die departement van vervoer en die Gautengse wetgewer. Die doel is om hul kommer te deel oor voortslepende probleme en vermeende swak behandeling van skoolvervoer-operateurs in die provinsie. Die departement se woordvoerder, Lesiba Mpya, sê hulle is waaksaam, maar…
13 Feb 3AM 1 min

'Trump se kweekgasbesluit reuse-terugslag vir klimaatverandering'

President Donald Trump het die 2009-bevinding oor klimaatsgevare wat deur president Barack Obama aanvaar is, herroep. Die Agentskap vir Omgewingsbeskerming het bevind ses kweekhuisgasse, insluitend koolstofdioksied en metaan, hou ʼn gevaar in vir openbare gesondheid. Omgewingsgroepe sê die besluit is die grootste terugslag oor klimaatsverandering. Trump sê die skuif is…
13 Feb 3AM 1 min

Jagsektor paraat teen bek-en-klouseer

Weens bek-en-klouseer in naburige Suid-Afrika en Botswana, wat 'n risiko vir Namibië inhou, bly die land se jaggemeenskap op hoë gereedheidsgrondslag. Kosmos 94.1 Nuus het met Hannes du Plessis, die president van die Namibiese Professionele Jagvereniging, Napha, gepraat, wat sê daar is geen direkte risiko vir jagters nie. Hy het…
13 Feb 1AM 1 min