ACC moet neutrale leier hê ná Noa, sê Itula

Loading player...
Die direkteur van die Teenkorrupsie Kommissie, Paulus Noa, se ampstermyn is byna verstreke en 'n opvolger moet gevind word. Noa is in die verlede gekritiseer as te na aan Swapo en nie onafhanklik genoeg nie. Panduleni Itunda, die leier van die amptelike opposisie, die IPC, versoek 'n harde, eerlike kyk na die land se teenkorrupsie rekord. Hy waarsku dat terwyl openbare bewustheidspogings uitgebrei het, korrupsie in omvang en gesofistikeerdheid gegroei het, aanspreeklikheid agtergebly het, en openbare vertroue in staatsinstellings steeds afneem. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels:
28 Jan 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

'CoW mislei inwoners,' sê aktivis

Nadat Stad Windhoek 'n uitnodiging wat deur die Khomas Ratepayers Association aan alle inwoners gerig is as misleidend bestempel het, het die woordvoerder van die vereniging, Shaun Gariseb, sterk gereageer. Volgens hom mislei die Stad die inwoners. Die uitnodiging is na wat die vereniging 'n kritieke vergadering met die volle…
29 Jun 11AM 1 min

Cran kry MTC voor stok oor data, diens

Kommer deur MTC-kliënte oor data wat vinnig verdwyn, onduidelike fakturering en algemene diensgehalte het Cran tot aksie gedryf. Die reguleerder het met MTC vergader om toesig te versterk en 'n tegniese verifikasieproses van stapel te stuur wat daarop gemik is om klagtes te ondersoek en verbruikersvertroue te herstel. Cran-woordvoerder Mufaro…
29 Jun 10AM 1 min

Ernstige misdaad steeds groot probleem in Otjozondjupa

Ondanks voortdurende pogings om misdaad te bestry, worstel die Otjozondjupa-streek steeds met ernstige oortredings wat wissel van veediefstal en stropery tot moord, verkragting en bedrog. In sy 2026 streeksrede het goewerneur John ||Khamuseb gesê veediefstal en stropery bly volgehoue uitdagings wat gemeenskappe regoor die streek raak.
29 Jun 10AM 1 min

Lae uraanprys hopelik van korte duur

Uraantermynkontrakte in die VSA het in Junie op ongeveer 85 Amerikaanse dollar gestaan en sodoende die noue band gehandhaaf waarin hulle sedert vroeg in April beweeg – nadat die skerp styging na bo 100 dollar van vroeër vanjaar uitgewis is. Die afkoeling ná die spekulatiewe prysstyging het saamgeval met beperkte…
29 Jun 9AM 1 min

Sokker: Bafana se Broos besin oor toekoms

Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, sê hy gaan nog besin oor sy toekoms. Hy het vroeër gesë hy kan dalk vertrek wanneer Suid-Afrika se Wêreldbeker-reis tot 'n einde kom. Sondag se nederlaag teen Kanada het 'n einde gebring aan 'n geskiedkudige veldtog waarin Bafana die eerste keer die uitklopfase…
29 Jun 9AM 1 min