Media-herrie by Staatshuis laat NNN se kabinetstoespraak vergete

Loading player...
Politieke partye soos die PDM en IPC, sowel as die Namibië Media-trust het skerp gereageer op die verwydering van ‘n onafhanklike joernalis, Jemima Beukes, vanuit Staatshuis. Sy het president Netumbo Nandi-Ndaitwah gevra oor haar familie se moontlike betrokkenheid by die olie- en gassektore. Haar sekuriteit- en veiligheidsdetail het Beukes se selfoon afgevat en haar uit die gebou begelei. Nandi-Ndaitwah het nog nooit, soos Hage Geingob, met die media vergader nie. Verder is daar lank spekulasie dat haar familie, veral haar seuns hulself in die sektore posisioneer, wat vererger is met haar skuif van die sektor na haar kantoor. Terwyl haar kantoor ‘n verklaring tot haar verbintenis tot persvryheid weer beklemtoon het, loop sy deur onder fel kritiek met haar kabinetsopening-toespraak wat heel weggeval het. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke ontleder Ndumba Kamwanyah daaroor gepraat.
2 Feb 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nigerië se ambassadeur in SA sê oor mgirante, misdaad

Die Nigeriese ambassadeur in Suid-Afrika, Alexander Ajayi, het die land versoek om nie migrantgemeenskappe die skuld vir misdaad te gee nie. Tydens 'n bespreking oor Migrasie en Maatskaplike Samehorigheid in die Parlement het Ajayi gesê misdadigers moet individueel vervolg moet word, nie op grond van hul nasionaliteit nie. Hy het…
29 Jun 1AM 1 min

George Russell vat eerste oorwinning die seisoen

George Russell van Mercedes se wedren by die Oostenrykse Grand Prix het in die voorste wegspringplek begin en met ʼn oorwinning geëindig. Dis sy eerste sege sedert die wedren-seisoen in Australië begin het. Max Verstappen van Red Bull het tweede geëindig voor Russell se spanmaat, Kimi Antonelli. Oscar Piastri van…
29 Jun 1AM 1 min

Namibië oorrompel Zambië 71-12

Tot die vreugde van die skare het die Welwitschia Uitnodigings XV span Zambië Sondagnamiddag by die Hage Geingob-stadion in die hoofstad oorrompel met 'n 71-12 oorwinning. Kosmos 94.1 se Ruda Schoeman was daar en het na die wedstryd met Ali Bhika, die Zambiese kaptein gesels.
29 Jun 12AM 1 min

Groot koue op pad die week

Bitter koue weer is besig om oor Namibië te vestig, met vriesende toestande wat na verwagting teen Donderdag van die suide na die sentrale, westelike en uiteindelik noordelike dele van die land sal versprei. Die Namibiese Meteorologiese Diens sê 'n koue front oor die subkontinent dryf die skerp daling in…
29 Jun 12AM 1 min