
Namibië moet buitelandse beleid opskerp, sê kenner
Loading player...
Die Amerikaanse ambasadeur na Namibië, John Giordano, vry hard namens Amerikaanse president Donald Trump se administrasie na Namibië se natuurlike hulpbronne. Hy het sedert die begin van die jaar met die myneministerie ontmoet en het selfs 'n paneelbespreking oor minerale by die Amerikaanse ambassade gehou. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie van politieke ontleder, Professor Henning Melber gekry.

