
Wenke vir toeriste en reisigers om veilig te bly
Loading player...
Misdaad teen toeriste is weer in die kollig nadat president Netumbo Nandi-Ndaitwah dringende optrede versoek het. Dit kom na onlangse reisadvies van Duitsland en Kanada, wat verhoogde risiko's van roof, bedrog en motorkaping in Namibië uitgelig het. Kosmos 94.1 Nuus het met die voorsitter van Tourism Against Crime, Peter Boer gesels, wat sê belanghebbendes, saam met NamPol en die Windhoek Stadspolisie, werk ywerig om bewustheid te verhoog. Hy gee veiligheidswenke:

