NNN ferm oor veiligheid van regsbeamptes

Loading player...
Wetteloosheid en beamptes van die gereg wat vir hul lewens vrees in die uitvoering van hul pligte, sal nie in Namibië geduld word nie, sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah. Die staatshoof, wat tans die leierspitsberaad van die Afrika-unie in Ethiopië bywoon, se boodskap is Vrydagmiddag namens haar deur eerste minister Elijah Ngurare by die gedenkdiens van wyle aanklaer Justine Shiweba in die Onambango-nedersetting in Oshikoto gelewer. Shiweda het verlede naweek aan haar wonde beswyk ná sy in Oktober aangeval is. Sy word vanoggend in Onambango begrawe.
14 Feb 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA keur invoer van BKS-enstof goed

Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte het die invoer van noodvoorrade van bek-en-klouseer-entstof goedgekeur om te help om die veesektor te beskerm. Die owerheid het spesiale magtiging verleen om die Dollvet bek-en-klouseer-entstof in te voer, wat verseker dat boere en veeartse diere teen die hoogs aansteeklike siekte kan beskerm. Alle invoere…
14 Feb 2AM 1 min

Veldfiets: MotoCross-aksie vandag by Gallina

Die eerste been van die 2026 Nasionale Veldfietskampioenskappe vind vandag by die Gallina Motocross Park net buite Windhoek plaas. Dit beloof ‘n dag propvol aksie, sê Kosmos 94.1 se Francois Lottering. Hy doen verslag:
14 Feb 1AM 1 min

Copps 94.1: Amok in hoofstad op Vrydag, die 13de

Vrydag die 13de het sy reputasie gestand gedoen en die Copps 94.1-span in Windhoek moes gisteraand bontstaan om wet en orde te handhaaf. In Evelinestraat in die hoofstad het selfs Kosmos 94.1 se Arthur van Graan ingespring en sy lyf misdaadbekamper gehou. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was deel van…
13 Feb 11PM 1 min

Daar's nog fut in die somer vir gewas-aanplantings

Boere word aangemoedig om die hitte en reënseisoen steeds te benut om aanplantings te maak. Hanks Saisai, Agribank se tegniese adviseur vir akkerbou, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en verduidelik watter gewasse aangeplant kan word vir oes in Augustus.
13 Feb 10AM 1 min