
SA keur invoer van BKS-enstof goed
Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte het die invoer van noodvoorrade van bek-en-klouseer-entstof goedgekeur om te help om die veesektor te beskerm. Die owerheid het spesiale magtiging verleen om die Dollvet bek-en-klouseer-entstof in te voer, wat verseker dat boere en veeartse diere teen die hoogs aansteeklike siekte kan beskerm. Alle invoere sal streng gehalte- en veiligheidstoetse ondergaan. Rodgers Baloyi van Sahpra sê die departement van landbou sal verspreiding van die entstof landwyd koördineer:

