
Toerisme-agentskappe verwelkom NamPol-hoof se beskerming
Loading player...
Die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings, Fenata, het die besluit van polisiehoof luitenant-generaal Joseph Shikongo verwelkom om die Toerismebeskermingseenheid onder sy direkte bevel te plaas, en noem dit ’n reuseversterking van besoekersveiligheid. Die eenheid sal nie net in Windhoek wees nie maar landwyd. Kosmos 94.1 Nuus het met Gitta Paetzold van die Namibiese Gasvryheidsvereniging gepraat.

