
Land op hoë gereedheidsgrondslag vir BKS
Loading player...
Die landbouministerie het 'n multisektorale vergadering oor bek-en-klouseer-voorbereiding en reaksie gehou in die hoofstad. Verskeie partye van die landbou sektor het deelgeneem aan die gesprekke. Suid Afrika het Donderdag as 'n nasionale ramp verklaar. Tydens die vergadering het die adjunk-uitvoerende direkteur van die landboudepartement, Kingsley Kwenani, weereens uitgelig wat 'n verwoestende effek bek-en-klouseer op Namibië sal hê as dit oor die grens met Botswana en Suid-Afrika sal versprei.

