
SA 'diep bekommerd' oor konflik is Afrika, sê Ramaphosa by AU
Loading player...
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika is diep bekommerd oor toenemende konflik en onbestendigheid op die vasteland. Ramaphosa het Afrika-leiers by die Afrika-Unie toegespreek en sy verbintenis tot Agenda 2063 herbevestig. Hy bepleit dringende politieke betrokkenheid wat weens ongrondwetlike regeringsveranderings in sekere lande verbied is. Ramaphosa versoek wapenstilstande en inklusiewe dialoog in Soedan en Suid-Soedan en veroordeel M23-rebelle se voortgesette grensbedreigings in die oostelike Demokratiese Republiek die Kongo:

