
Polisie sál regsamptenare beskerm, sê Shikongo
Loading player...
Die hoof van die Namibiese polisie, luitenant-generaal Joseph Shikongo, het tydens die gedenkdiens van wyle aanklaer Justine Shiweda die naweek opnuut die belangrikheid van regsamptenare se veiligheid beklemtoon. Shiweda het verlede naweek in ‘n hospitaal in Windhoek beswyk aan wonde wat sy tydens ‘n aanval in Oktober opgedoen het. Shikongo het na ‘n dreigement op die die lewe van ‘n Grootfontein-aanklaer vandeesweek verwys en gesê die polisie sal daadwerklik optree:

