Episode 177: Andries Mulder

Loading player...
"Wanneer jy oorweeg om sonpanele te installeer, is dit noodsaaklik om navorsing te doen oor die maatskappy wat jy van plan is om te gebruik, en te verseker dat die produk wat gebruik word in Suid-Afrika gediens kan word, anders gaan jy probleme ervaar," sê Andries, eienaar van die ACDC Express in Nelspruit.

Andries het in verskeie bedrywighede gewerk, insluitend die klerebedryf, wegneemetes, en die petrolbedryf, voordat hy in die elektriesebedryf sy merk gemaak het.

“Met 'n produkreeks van amper 36,000 in die winkel,” voeg hy by “is dit nie altyd maklik om by te bly met al die tegniese aspekte van alles nie, maar as ons nie dadelik 'n antwoord het vir ons kliënte nie, sal ons beslis die antwoord kry.”
8 Dec 2023 Afrikaans South Africa Business · Marketing

Other recent episodes

Episode 15: Cerita Nagy

Cerita Nagy gesels met my oor haar kleintyd passie vir ontwerp asook haar passie vir die ontwikkeling van sakevroue wat gelei het tot die stigting van haar ontwerp besigheid en haar rol as Nasionale President van die Suid-Afrikaanse Raad vir Sakevroue. Webwerf
21 Apr 2016 32 min

Episode 3: Jakes Maritz

Expat Explore is ’n besigheid in Europa wat gemiddeld 13,000 toere per jaar reël. Die Suid-Afrikaner, Jakes Maritz, is die dryfkrag agter dié besigheid. Hy gesels met Klipkouers oor onder meer hoe om mense aan te stel en hoe jy foute moet hanteer.  
1 Feb 2016 37 min

Episode 13: Pieter Cilliers

Pieter Cilliers is die eienaar van SignMasters of Tyler in Texas. Hy gesels met my onder andere oor sy Suid Afrikaanse besighede en hoe hy te werk gegaan het om ‘n nuwe besigheid in Texas te vind en suksesvol te vestig. Webwerf
7 Apr 2016 31 min

Episode 17: Francois Retief

Francois Retief is die mede-stigter van Iono.fm, wat ‘n innoverende “hosting” platform is vir potsendings soos bv. die Klipkouers Potgooi, RSG, BBC, Duitse Radio en vele ander. Webwerf
5 May 2016 36 min

Episode 1: Kobus Wiese – Rugby legende en koffiekoning

Kobus Wiese is ʼn oud-Springbok rugbyspeler wat deel was van die Rugby Wêreldbeker-wenspan van 1995. Sy kleintyd-liefde vir kos en kook het gelei tot Kobus en sy vrou, Belinda, se eerste koffiewinkel, Wiesenhof, wat oor die jare gegroei het tot 65 koffiewinkels met nog 20 tot 25 internasionale koffiewinkels in…
18 Jan 2016 29 min