Larry herdenk 15 jaar van diens by 10 Downingstraat

Loading player...
Larry, die kat van 10 Downingstraat herdenk die maand 15 jaar in die amp... wat die kat van 10 Downingstraat is. Larry, wat tans 19 jaar oud is, het ses eerste ministers oorleef insluitend David Cameron, wat hom aangestel het om muise te vang, Theresa May, Boris Johnson, Liz Truss, Rishi Sunak en die huidige Keir Starmer. Sy goedkeuringsgradering is hoër as enige van die eerste ministers waaronder hy gedien het. In 2016 het Cameron gerugte oor sy verhouding met Larry, in die parlement aangespreek met ‘n foto van hom en Larry saam.
16 Feb 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Eerste Heer doen beroep vir aandag op die lot van die seun

Eerste Heer Epaphras Ndaitwah het 'n beroep gedoen op groter aandag aan die lot van die seun, en dit as 'n sentrale prioriteit van sy ampstermyn by die Kantoor van die Eerste Eggenoot en 'n kritieke pilaar vir Afrika se langtermyn stabiliteit verklaar. Ndaitwah het die 30ste Gewone Algemene Vergadering…
16 Feb 5AM 1 min

Nog reën is op pad, stelsel draai die week

Die oostelike dele van die land het goeie reën verlede week opgelewer maar, daar is kommer oor die tropiese sikloon in die Mosambiek-kanaal. Volgens weerkenner George van der Merwe is daar geen rede daarvoor nie.
16 Feb 5AM 1 min

FOSA sê oor leefstyloudits vir SAPD-lede

Die Forum for South Africa sê dis noodsaaklik dat polisiebeamptes gekeur word, maar dis nie genoeg nie. President Cyril Ramaphosa het Donderdag in sy staatsrede gesê die Staatsveiligheidsagentskap sal weer die polisie se senior bestuur en metropolisiedepartemente keur en dit sal leefstyloudits insluit. FOSA-leier Tebogo Masholompane sê hierdie stap volg…
16 Feb 4AM 1 min