Die burgemeester van Walvisbaai, Johannes Shimbilinga, het die openingsrede by die Klimaatsbeleggingsfonds en die Strategiese Transformasie Beleggingsplan-sessie in die dorp gelewer. Dit is daarop gemik om prioriteitsbeleggings in te lig, streeksgereedheid te versterk en die land se bod te ondersteun om tot 250 miljoen Amerikaanse dollar in konsessie-klimaatfinansiering vir groenindustrialisering…
Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party sê hulle is deur die ANC in die duister gehou. Dit volg terwyl lede wat lidmaatskap van die ANC en SAKP het vanaf Donderdag tien dae gegun sal word om te besluit vir wie hulle in die komende plaaslikeregeringsverkiesing sal stemme werf. Die stap kom terwyl…
AfriForum sê die vlak van geweld in plaasaanvalle bly kommerwekkend hoog, al het plaasmoorde effens gedaal. Volgens hul jongste verslag oor plattelandse misdaad het die organisasie verlede jaar 184 plaasaanvalle en 29 plaasmoorde aangeteken, met byna vier uit tien voorvalle wat ernstige geweld insluit. Jacques Broodryk van AfriForum sê die…
Iran se gesant by die Verenigde Nasies, Amir-Saeid Iravani, sê die volgende ronde onderhandelings sal slegs plaasvind sodra die VSA sy versperring van Iranse hawens staak. Dit volg te midde van president Donald Trump se verlenging van die skietstilstand totdat Iran 'n voorstel ter tafel lê vir die beëindiging van…
Die Afrika Ontwikkelingsbank se Volhoubare Energiefonds vir Afrika, Sefa, het op 10 April vanjaar 'n beroep vir voorstelle onder sy nuwe Groenwaterstofprogram gedoen, wat teen 11 Mei ingehandig moet wees. Daar is 20 miljoen Amerikaanse dollar beskikbaar vir voorbeleggingsfinansiering vir drie tot vyf uitgesoekte projekte. Die interim hoof van die…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.