
Meatco se 'omkeerplan lei tot verbetering'
Loading player...
Meatco hou sy jaarvergadering op 20 Februarie, met voorlopige prestasie-aanwysers wat 'n groot verbetering in sy finansiële posisie aandui. Daarvolgens is in stede van 'n verlies van 150 miljoen Namibiese dollar in 2024, ‘n bedryfswins voor belasting van sowat 106 miljoen dollar aangeteken in 2025. Kosmos 94.1 Nuus het met Undamuje Hambira, Meatco se kommunikasie beampte gepraat wat meer inligting gee.

