
Groeiende dwelmprobleem moet gestop word, sê aktivis
Loading player...
Die maatskaplike aktivis Sandy Tjaronda waarsku dat die groeiende vloei van dwelms na Namibië 'n nasionale bron van kommer moet wees. Hy sê dat gevalle wat in gebiede soos Rehoboth en Windhoek opduik, slegs die oortjies van die seekoei is. Hy sê handelaars versterk hul greep op sommige gemeenskappe, en dwelmmisbruik infiltreer skole en openbare ruimtes. Sy kommentaar kom te midde van 'n toename in dwelmbeslagleggings en arrestasies landwyd, met die polisie wat meer as 106 miljoen Namibiese dollar se onwettige dwelms oor die afgelope twee jaar gekonfiskeer het.

