Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke sê 'n ondersoek is aan die gang na die oorsaak van 'n brand wat die kleinhandelwinkel by die Onder-Sabie-ruskamp in die Krugerwildtuin in Mpumalanga beskadig het. Besoekers word aangeraai om voorraad saam te bring terwyl die restaurant gesluit bly weens kragonderbrekings as gevolg van die brand…
ʼn Loopbaan-beste honderdtal van Abhishek Sharma het Sunrisers Hyderabad tot ʼn oorwinning van 47 lopies teen die Delhi Capitals gelei. Dis hul derde agtereenvolgende sege in die Indiese Premierliga. Die 25-jarige Sharma het ʼn onoorwonne 135 van 68 balle behaal, wat die vyfde hoogste telling in IPL-geskiedenis is. Dit het…
Jong Namibiese toneeltalent tree in die globale kollig na indrukwekkende optredes by die gesogte Project Aspiring International Model/Actor, of Project AIM-konvensie wat aan boord van 'n MSC-skip gehou is. Verskeie plaaslike akteurs het met top-eerbewyse, internasionale erkenning en lewensveranderende geleenthede weggestap. Michelle Loubser, eienaar van The Drama Club, het met…
Natuurliefhebbers en rolspelers in toerisme is op hol met die nuwe horison by die ikoniese Kolmanskop spookdorp by Lüderitz. Reuse windturbines is opgerig en daar is kommer oor die impak op veral fotografiese toerisme. Dit turbines is deel van die Dias Windplaas deur NamPower en is deur Innovent in die…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.