
DA verwelkom aankoms van 1 miljoen BKS-entstowwe
Loading player...
Die DA verwelkom die minister van Landbou, John Steenhuisen, se bevestiging dat die eerste sending van een-miljoen dosisse bek-en-klouseer-entstof die naweek in Suid-Afrika sal aankom. Die regering beplan om die land se hele kudde van meer as 14-miljoen beeste oor die volgende 12 maande in te ent. Sowat 28-miljoen dosisse is nodig om die uitbreking te bekamp. Beyers Smit van die DA sê die entstof sal groot verligting bring in die landbousektor:

