
De Beers-aandele: Dit handel oor strategie en 'n sê
Loading player...
Anglo American is in gevorderde gesprekke om sy 85 persent belang in De Beers te verkoop en Namibië, Angola en Botswana, almal diamantprodusente, stel belang. Maar daar is kommer. Die diamantmark is in ‘n afswaai en nou het die oud sentralebank-goewerneur van Botswana, Keith Jefferies, die Botswana regering teen die aankoop van aandele gewaarsku. Volgens hom het Botswana nie genoeg kapitaal nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Kennedy Hamutenya, voormalige Namdia baas gepraat. Hy het vroeër gesê dis ‘n gulde geleentheid en meen dit gaan oor baie meer as net die aandele self.

