
2026/27-begroting kom op 26 Februarie
Loading player...
Finansminister Ericah Shafudah sal die wetsontwerp vir die nasionale begroting vir 2026/27 op Donderdag, 26 Februarie om half-drie in die Nasionale Vergadering ter tafel lê. Die begroting sal toepaslike bedrae geld toeken om te verseker dat die staat se finansiële behoeftes vir die fiskale jaar wat op 31 Maart 2027 eindig, vervul word. Shafudah het die aankondiging vanmiddag in die Nasionale Vergadering gemaak.

