
Loopbaankermis 2026 volgende week by DHPS
Loading player...
Vir die tweede agtereenvolgende jaar span die Deutsche Höhere Privatschule Windhoek, DHPS, die Goethe-Institut Namibia en die PASCH-netwerk hul kragte saam om Loopbaankermis 2026 van 26 tot 28 Februarie aan te bied. Dit is 'n gratis onderwys- en loopbaankermis wat jongmense presiese inligting oor geleenthede vir hul toekoms bied. Die ambassadeur van Duitsland na Namibië, Thorsten Hütter, gee meer inligting.

