
Kommer in SA oor meer moorde op polisiebeamptes
Loading player...
Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het kommer uitgespreek oor die toename in moorde op polisiebeamptes, ten spyte van 'n algehele afname in geweldmisdaad. Volgens die jongste misdaadstatistiek is 23 beamptes tussen Oktober en Desember dood, met byna 80-persent van hulle wat van diens af was. Cachalia het aan die media gesê hierdie tendens is kommerwekkend, en stappe word gedoen om wetstoepassingspersoneel beter te beskerm en verdere tragedies te voorkom:

