Protes vandag oor sekuriteitswagte en minimumloon

Loading player...
Die maatskaplike aktivis Michael Amushelelo het besluit om sy platform te gebruik om sekuriteitswagte wat nie die minimumloon betaal word nie te help deur 'n betoging te reël wat vanoggend om sewe begin het. Volgens Amushelelo sal hy nie daar wees nie maar staan in solidariteit met die wagte. Die betoging sal by die Katutura Youth Complex plaasvind en die groep sal 'n petisie oorhandig. Kosmos 94.1 Nuus het met Amushelelo gepraat.
25 Feb 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namibië se landelike vroue agtergelaat

Ten spyte daarvan dat Namibië byna 50 persent vroue-verteenwoordiging in die parlement en meer as die helfte in die kabinet behaal het, bly daar kommer dat baie, veral jong, landelike en gemarginaliseerde vroue, steeds uitgesluit word van betekenisvolle deelname. Dit is 'n sleutelkwessie wat by die 152ste Interparlementêre Unievergadering geopper…
21 Apr 6AM 1 min

Jhb se tariefverhoging ver bo inflasie, en dit met swak dienste

Die Vryheidsfront Plus sê dit is onaanvaarbaar dat inwoners van Johannesburg van 1 Julie af meer moet betaal vir dieselfde swak diens. Die party sê die voorgestelde tariefverhoging van 12,5-persent vir water, 11-persent vir sanitasie en riool en 9,05-persent vir elektrisiteit is baie hoër as die huidige inflasiekoers van nagenoeg…
21 Apr 6AM 1 min

Bekende Nick Duranty sluit aan by ISAP-kursus

Nick Duranty, 'n Suid-Afrikaanse veldwagter, K9-honde-afrigter en sosiale media-persoonlikheid sluit aan by die ISAP Junior Ranger-kamp wat van 2 tot 10 Mei by die ISAP-fasiliteit naby Okahandja plaasvind. Duranty het beduidende erkenning verwerf het vir sy unieke benadering tot wildbewaring en gemeenskapsbetrokkenheid. Sy werk fokus op die kruising van natuur…
21 Apr 6AM 1 min

Swapo se steun in die toekoms hang van huidige administrasie af

Swapo het sy 66ste bestaansjaar gevier te midde van interne oproepe vir stabiliteit en waarskuwings oor toenemende meningsverskille. Terwyl huidige amptelike herdenkingsboodskappe veerkragtigheid, eenheid en vooruitgang beklemtoon, het partyleiers gewaarsku dat sigbare verskille en 'n afname in verkiesingsteun ernstige bekommernisse is wat aangespreek moet word. Kosmos 94.1 Nuus het met…
21 Apr 6AM 1 min