Militêre ondersteuning nou kritiek vir Oekraïne

Loading player...
Jens Stoltenberg, die oud-Navo hoof en nou Noorweegse finansminister sê militêre ondersteuning aan die Oekraïne is nou uiters belangrik omdat winste op die slagveld die land in ‘n beter posisie sal plaas in vredesonderhandelinge wat tans aan die gang is. Hy het met CNN gepraat.
26 Feb 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Copps 94.1: Motor beland op dak op reguit pad

Onderwysminister Sanet Steenkamp het Vrydagaand die Copps 94.1-span vergesel en die maatskaplike euwels wat Windhoek teister, eerstehands beleef. Dit het onder meer ‘n ongeluk op ‘n stuk reguit pad in die hoofstad ingesluit. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was op sy pos en doen verslag van die toneel:
27 Jun 12AM 1 min

Omusati-landbouproduksie groei goed

Landbouproduksie in die Omusati-streek het in 2025/2026 beduidende vordering getoon, gedryf deur 'n groter fokus op besproeiing en waardetoevoeging van vee. Goewerneur Immanuel Shikongo het in sy streeksrede gesê dat belangrike ontwikkelings insluit massiewe mielie-oeste by die Etunda-besproeiingskema, die konstruksie van 'n groot veevoerkraal en voortgesette beleggings in waterinfrastruktuur.
26 Jun 11AM 1 min

TLU SA verwelkom nuwe BKS beheermaatreëls

Die landbou-organisasie, TLU SA, verwelkom die nuwe bek-en-klouseer-beheermaatreëls en sê dis ʼn stap in die regte rigting. Die Departement van Landbou het ʼn nuwe raamwerk bekendgestel vir ʼn enkele, geïntegreerde nasionale stelsel om bek-en-klouseer-uitbrekings, van opsporing tot herstel, te bestuur. Bennie van Zyl van TLU SA sê enige maatreëls wat…
26 Jun 11AM 1 min

Daar's vordering met sportinfrastruktuur in streke

Adjunk-sportminister Dino Ballotti het vroeër aangekondig dat 200 miljoen Namibiese dollar toegewys is vir sportinfrastruktuur en plaaslike ligas, wat die weg sal baan vir die land om weer internasionale sokkerwedstryde aan te bied. Kosmos 94.1 Nuus het met sportkommentator Isak Hamata gepraat oor die vordering in die streke.
26 Jun 10AM 1 min