Fix the Vibe met Selby Williams op Kosmos 94.1

Loading player...
Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer Selby Williams stel sy splinternuwe liedjie, “Fix the Vibe”, bekend en gesels oor sy musikale reis.

Selby, wat in Avianpark grootgeword het, het ten spyte van uitdagende omstandighede sy droom nagejaag om nie net ’n verskil in sy gemeenskap te maak nie, maar ook om mense wêreldwyd met sy musiek te inspireer. In hierdie episode hoor ons meer oor die storie agter die liedjie, sy inspirasie en wat aanhangers van hom kan verwag.
27 Feb 5AM Afrikaans South Africa Arts

Other recent episodes

Sokker koors: Jean-Louis gesels met Paulo Coelho oor die Sokkerwêreldbeker

Jean-Louis Knouwds gesels met die Namibiese sokkerspeler Paulo Coelho oor die Sokkerwêreldbeker se ronde van 16, waar groot oorwinnings, skokuitslae en uitstaande individuele vertonings die gesprek oorheers, insluitend Marokko se sterk vorm, Frankryk en Engeland se oorwinnings, Brasilië se uitskakeling deur Noorweë en Haaland se opkoms, asook Afrikaanse hoop met…
6 Jul 4AM 7 min

Jean-Louis gesels met Henrique Carvalho: Die Sokkerwêreldbeker

Jean-Louis gesels met Henrique Carvalho oor die Sokkerwêreldbeker, internasionale wedstryde en wat dit vat om op die grootste verhoog te presteer. Hulle bespreek spanprestasie, sleutelmomente in groot wedstryde en die debat oor Messi en Ronaldo, terwyl Henrique sy eie sportdrome en toekomsvisie deel.
2 Jul 4AM 8 min

Cassia Sharpley: Mej Supranasionaal Namibië 2026 op pad na Pole

Jean-Louis gesels met Cassia Sharpley, Mej Supranasionaal Namibië 2026, voordat sy in Julie na Pole vertrek om Namibië op die internasionale verhoog te verteenwoordig. Sy deel wat hierdie geleentheid vir haar beteken, hoe sy vir die kompetisie voorberei en watter doelwitte sy vir haarself en Namibië het.
2 Jul 4AM 7 min