Oliepryse, Oorlog en Afrika se Ekonomiese Toekoms

Loading player...
Jean-Louis gesels met Dawie Roodt oor die impak van stygende oliepryse te midde van die voortdurende konflik in die Midde-Ooste, en hoe dit ekonomieë regoor Afrika raak. Met waarskuwings dat volgehoue hoë brandstofpryse en moontlike tekorte groei met tot drie persentasiepunte kan knou, word die vraag gevra of optimistiese groeivoorspellings vir die vasteland nog haalbaar is.

Hulle bespreek ook of lande soos Namibië, wat sterk afhanklik is van invoere, meer kwesbaar is as ekonomieë soos Suid-Afrika, asook wat die moontlike hersteltyd kan wees sou die konflik tot ’n einde kom. Die gesprek bied insig in of ons met ’n tydelike krisis te doen het, of ’n langertermyn verskuiwing in die globale ekonomie.
19 Mar 2AM Afrikaans South Africa Arts

Other recent episodes

Maak Spore: Leon van Wyk se merkwaardige lewensreis

Elmero Strauss gesels met Leon van Wyk, 'n vlieënier met 'n besondere lewensverhaal. Van sy ervarings in die lugruim bo Namibië tot die uitdagings en oorwinnings wat hom gevorm het, deel Leon sy verhaal van deursettingsvermoë, lewenservaring en die spore wat 'n mens langs die pad maak.
7 Jul 7AM 8 min

Vicky Ludick oor Known – A Journey of Being Fully Known by God

Elmero Strauss gesels met Vicky Ludick oor die bekendstelling van haar nuwe boek, Known – A Journey of Being Fully Known by God. Sy deel die storie agter die boek en neem luisteraars saam op 'n persoonlike geloofsreis wat fokus op identiteit, hoop en die diep waarheid dat elke mens…
7 Jul 1AM 8 min

Sokker koors: Jean-Louis gesels met Paulo Coelho oor die Sokkerwêreldbeker

Jean-Louis Knouwds gesels met die Namibiese sokkerspeler Paulo Coelho oor die Sokkerwêreldbeker se ronde van 16, waar groot oorwinnings, skokuitslae en uitstaande individuele vertonings die gesprek oorheers, insluitend Marokko se sterk vorm, Frankryk en Engeland se oorwinnings, Brasilië se uitskakeling deur Noorweë en Haaland se opkoms, asook Afrikaanse hoop met…
6 Jul 4AM 7 min