Kolossense vir jou reis

Loading player...
Ons gaan voort met die Vir jou reis-reeks en in hierdie uitsending vra ons weereens hoe jy, as hedendaagse Christen, hierdie brief wat Paulus so lank gelede geskryf het op jou daaglikse lewe kan toepas. Laetitia Butler, van In Him Ministries Wesrand, help ons met daardie moeilike begrip van vergewe soos die Here ons vergewe het, deur haar kragtige getuienis van vergifnis en restourasie te deel. Madeleine lees ook verder voor uit die boek Al Psalmend deur dr. Ronell Bezuidenhout, soos uitgegee deur CLF-uitgewers
17 Apr Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Spesiaal geskape

Carla Cronjé en haar man het vier pragtige kinders, waarvan die jongste, Matthys, met Downsindroom en outisme gediagnoseer is. In haar onderhoud met Madeleine, deel Carla waarom Matthys spesiaal is, en watter groot geskenk die outisme-bystandhond, Farrel, vir Matthys en hulle as ’n gesin is. Madeleine kyk ook na wat…
16 Oct 29 min

Galasiërs vir jou reis

Madeleine kyk in diepte na die brief wat Paulus aan die Galasiërs geskryf het en hoe jy dit op jou Christen Reis kan toepas. Sy fokus veral op die Vrug van die Gees en bespreek elk van die nege eienskappe van ’n Geesvervulde lewe breedvoerig.
9 Oct 31 min

Hy troos jou

Dr. Heidi Trollip, senior dosent by ’n bekende universiteit in Pretoria, weet sonder twyfel dat die Here van die begin af elke tree van haar pad met kanker teenwoordig was. Sy deel haar getuienis met luisteraars, en vertel ook van die besonderse beeld wat die Here haar gewys het as…
2 Oct 30 min

Vier die klein prestasies

Rozette Rogers en haar man het lank gebid vir nog ’n kind. Tien jaar ná die geboorte van hul eersteling is hul gebede uiteindelik verhoor en is klein Johnny gebore. Dit was egter nie ’n maklike pad tot hier nie, en skaars ’n maand gelede het ’n byna-verdrinking boonop die…
25 Sep 29 min

Jy is nie meer ’n slagoffer nie

Agtien jaar gelede het die foto van ’n 17 jarige meisie wat vermis word, mense se harte aangeraak. Vandag is Natalie le Roux 'n entrepreneur, skrywer, spreker en uitgesproke gelowige wat nie bang is om die rou waarheid van haar lewe te vertel nie. Sy deel haar kragtige getuienis met…
18 Sep 28 min