
Dr Johann Landsberg: Entrepreneurskap as Dryfkrag vir Inklusiewe Groei in Suid-Afrika
Loading player...
Vandag gaan ek voort met ons gesprekke in die NWU Expert Talk, 'n reeks gesprekke met kundiges van die NWU. Hierdie verreikende gesprekke leef ook in 'n podsendingreeks by ofm.co.za. Dr Johann Landsberg, Bestuurder by die NWU Enterprise Development Centre en Senior Lektor by die NWU Skool vir Bestuurswetenskappe sluit by my aan om te gesels oor entrepreneurskap as dryfkrag vir inklusiewe groei in Suid-Afrika. Ons gesels oor dit wat die NWU doen om entrepreneurskapspotensiaal te ontsluit en volhoubare besighede te ondersteun onder studente, personeel en gemeenskappe so wel as die grootste uitdagings in die huidige ekonomiese klimaat wat klein en mikro-ondernemings tans ervaar.

