
Kry gestrande Zambezi inwoners voedselhulp?
Loading player...
Die vloedsituasie in die Zambezi-streek bly haglik, met die Kabbe Noord- en Suid-kiesafdelings, insluitend Kasika en gebiede rondom Kabula Bulabula, wat erg geraak word deur stygende waters van die Zambezi- en Chobe-riviere. Terwyl die Kantoor van die Eerste Minister noodhulp in die vorm van sakke rys, kookolie en ingemaakte vis verskaf het, vertel Jofie Lamprecht van Jofie Lamprect Safaris aan Kosmos 94.1 Nuus dat die grootste uitdaging die vervoer van hierdie voorrade na die mees afgeleë gemeenskappe is.

