
Veldbrand-seisoen kom al hoe nader
Loading player...
Na goeie reëns gesorg het vir welige weiding en met die droë seisoen op hande, ontstaan groot kommer oor die moontlikheid van verwoestende veldbrande. Kosmos 94.1 Nuus het by die tegniese adviseur in Agribank se adviesdienste, Erastus Ngaruka, gaan aanklop oor raad vir boere om veldbrande te kontroleer. Hy sê boere sal goed met mekaar moet kommunikeer.

