
EFF kap Steenhuisen oor BKS-styging, entstof-vermorsing
Loading player...
Die EFF sê die minister van Landbou, John Steenhuisen, kon nie daarin slaag om 'n samehangende, deursigtige en geloofwaardige verslag aan die parlement te lewer oor die omvang van die bek-en-klouseer-uitbreking nie. Aangemelde uitbrekings het skerp gestyg van 932 gevalle in Maart tot een-duisend-502 verlede week. Die Wes-Kaap het die afgelope maand geen nuwe gevalle aangemeld nie. EFF-woordvoerder Laetitia Arries sê die vlak van vermorsing van entstof is ook kommerwekkend:

