Arbeidminister Wise Immanuel het oor die naweek met werknemers en bestuur van Beifang Mining Services in Swakopmund vergader as deel van pogings om arbeidsverhoudinge te versterk en probleme in die werkplek aan te spreek. In 'n opdatering aan Kosmos 94.1 Nuus het die ministerie se woordvoerder, Jeremiah Namalenga, gesê die…
Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus glo die Bulle sal weer maklik by die nasionale opset inpas. Twaalf Bulle, wat die naweek nie beskikbaar was vir Bok-diens nie omdat hulle in die eindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap gespeel het, is ingesluit in die groep van 46 vir die Nasieskampioenskap. Die losskakel Handré…
'n Gesamentlike sending wat die regering, ontwikkelingsbanke en internasionale klimaatfinansieringsvennote bymekaarbring, is tans in Windhoek aan die gang. Die vyfdaagse betrokkenheid oor die land se dekarbonasie-program sal Vrydag afsluit en fokus op die versterking van beleggingsgereed groen-infrastruktuurplanne. Nadia Taobane, die senior energiespesialis by die Wêreldbank, sê die sending is belangrik…
Koning Misuzulu kaZwelithini vra selfbeheersing te midde van toenemende spanning rondom onwettige immigrante en sê geen griewe, hoe groot ook al die frustrasie, regverdig bloedvergieting of aanranding op individue nie. Dit volg nadat teen-migrasiegroepe besluit het alle onwettige buitelandse burgers moet Suid-Afrika teen 30 Junie verlaat. Die regering distansieer hom…
Stad Windhoek doen 'n beroep op inwoners om onmiddellik op te tree om hul eiendomme teen veldbrande te beskerm, en waarsku dat droë plantegroei na bogemiddelde reënval die risiko van vinnig verspreidende veldbrande aansienlik verhoog het. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die woordvoerder van die munisipaliteit, Lydia…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.