
Eerste besending van 2 miljoen BKS-spuite kom in SA aan
Loading player...
Die landbou-organisasie, TLU SA, verwelkom die aankoms van 2 miljoen dosisse bek-en-klouseer-entstof van Dollvet in Turkye. Dis die eerste besending van die bestelling van 6 miljoen wat by Dollvet geplaas is deur hul plaaslike agentskap, Dunevax. Suid-Afrika het sedert Februarie altesaam 4 miljoen dosisse entstofdosisse ontvang. Bennie van Zyl van TLU SA sê die regering moet die privaat sektor betrek by die verkryging en toediening van die entstowwe:

