
Cyril sit Masemola op voorsorgskorsing
Loading player...
President Cyril Ramaphosa het die nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola op voorsorgskorsing geplaas na aanklagte wat verband hou met beweerde oortredings van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur. Die polisie se hoof-finansiële beampte, Puleng Dimpane, is as waarnemende nasionale kommissaris aangestel. Ramaphosa sê die regering bly gefokus op die versterking van wetstoepassing, die bekamping van georganiseerde misdaad en korrupsie, en die herstel van openbare vertroue in polisiëring:

