Hofsaak-vertragings is vergryping van regte

Loading player...
Reaksie word ontvang oor die elle-lange vertragings by landdroshowe in die land. Sedert Maart regoor die land was 11 892 sake uitgestel met 3 490 wat veroorsaak was deur vertragings in polisieondersoeke. Daar word berig dat polisieondersoeke veral ‘n uitdaging is en dat NamPol eers verdagtes arresteer en dan die ondersoeke begin wat tot verdere vertragings lei. Toni Hancox die direkteur van die Regshulpsentrum het haar kommentaar aan Kosmos 94.1 Nuus gegee.
29 Apr 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Meatco woeker, Aochamub sê produsente bly kern

Meatco bly in die nuus met verskeie bedrywighede onder sy nuwe interim uitvoerende hoof Albertus Aochamub. Met amper die helfte van sy Noorweegse kwota wat reeds bereik is, word samesprekings met Egipte gehou oor moontlike samewerking en uitvoere. Kosmos 94. Nuus het met Aochamub gesels en hy het weer klem…
29 Apr 6AM 1 min

Cosatu sê werkers sal teen middel Junie nie meer kan oorleef nie

Die vakbondfederasie Cosatu sê die regering se verlenging van die verligting van die verhoging van die brandstofprysheffing vir Mei en Junie is 'n positiewe stap. Matthew Parks van Cosatu sê meer verligting kan nodig wees indien die konflik in die Midde-Ooste voortduur. Hy sê hulle is bekommerd dat werkers, die…
29 Apr 6AM 1 min

Repokoers bly op 6,5%, redes en reaksie

Indien jy dit misgeloop het, die Bank van Namibië het die repokoers vanoggend onveranderd gelaat op 6,5 persent. Die goewerneur Ebson Uanguta het die redes daarvoor so aangevoer.
29 Apr 5AM 1 min