
Amupanda hoor vandag oor regskostes in rooilynsaak
Loading player...
Na regter Shafimana Ueitele ‘n jaar gelede uitspraak met vrywaring van Job Amupanda se rooilynsaak toegestaan het, het die destydse Vleisraad appèl in die hooggeregshof ingedien teen die kostebeskermingsbevel wat die regter aan Amupanda toegestaan het. Die raad sê Amupanda het nie genoegsame bewyse gebring om die bevel te bekom nie. Oudlandbouminister Calle Schlettwein het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

