
Kommer oor xenofobie wat toeneem in SA
Loading player...
Die regering doen 'n beroep op die publiek om onwettige aktiwiteite by wetstoepassingsowerhede aan te meld en nie die wet in eie hande te neem nie. Die pleidooi volg na voortgesette openbare aktiwiteite oor die onwettige immigrante-kwessie, insluitend protesoptogte deur die anti-onwettige migrasiegroep March and March. Die adjunk-regeringswoordvoerder William Baloyi sê kommer oor immigrasie en ander onwettige gedrag moet aan die polisie of toepaslike departemente aangemeld word sodat dit wettig en veilig hanteer kan word:

