
Jodehaat ingevoer deur immigrasie: Britse politikus
Loading player...
Die Britse skaduminister van Binnelandse Sake, Chris Philp, vra groter gebruik van teen-terreur-moniteringstegnieke om anti-semitiese misdaad te identifiseer en te voorkom. Dit volg nadat twee Joodse mans gister in Golders Green, Noord-Londen, gesteek is in wat die polisie as 'n terroriste-voorval beskryf het. 'n Vyf-en-veertigjarige Britse burger wat in Somalië gebore is, is in hegtenis geneem. Philp sê die Verenigde Koninkryk voer anti-semitisme in deur immigrasie:

