
Skadurade kan nuwe generasie leiers voorberei
Loading player...
Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die idee om skadurade in die openbare sektor en by semi-staatsinstellings in te stel, kan help om 'n nuwe generasie leiers voor te berei. Hy waarsku egter dat praktiese uitdagings, soos hoe deelnemers gekies word en of dit tot werklike aanstellings sal lei, aangespreek moet word. Hy het ook die huidige vooroordeel vir formeel opgeleide kandidate gekritiseer.

