Privaatsektor moet help met GRN se begrotingsterkort van N$515 miljard

Loading player...
Die regering wend hom tot die privaatsektor om te help om 'n massiewe befondsingsgaping van 515 miljard dollar vir projekte onder Nasionale Ontwikkelingsplan 6 te oorbrug. Met vanjaar se ontwikkelingsbegroting wat op onder 7 miljard dollar staan, ver minder as die meer as 100 miljard dollar wat jaarliks oor die volgende vyf jaar benodig word, erken die uitvoerende direkteur van die Nasionale Beplanningskommissie, I-Ben Nashandi, dat die regering met private beleggers moet saamwerk vir sleutelontwikkelingsprojekte.
5 May 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Voorlopige verslag oor Aus-vliegongeluk vrygestel

Meer is bekend oor 'n Duitsland-geregistreerde Cessna F172 wat op 29 Maart naby Aus in die Karas-streek neergestort het nadat dit in kraglyne vasgevlieg het. Die vlieënier, 'n 61-jarige Duitse burger met meer as 8 000 uur se vliegervaring, het aan ondersoekbeamptes gesê hy onthou baie min. Hy het met…
5 May 9AM 1 min

BKS-krisis kan nie reg gepraat word: VF Plus

Die Vryheidsfront Plus sê hy is versigtig optimisties dat landbouminister John Steenhuisen vandag ʼn hofbevel sal nakom en ʼn saamgestelde Artikel 10-plan vir inenting teen bek-en-klouseer sal aankondig. Die minister gaan inligting deel oor die publikasie van die Roetine-inentingskema vir bek-en-klouseer. Wynand Boshoff van die VF Plus sê privaat veeartse…
5 May 9AM 1 min

Mbalula bevestig sperdatum vir lede van SAKP en ANC

Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die SAKP se besluit om onafhanklik aan die munisipale verkiesing deel te neem, is ʼn verspeelde geleentheid op ʼn tydstip waar die alliansie versterk moet word. Die ANC het lede wat dubbele lidmaatskap het tot Maandag tyd gegee om ʼn geskrewe verklaring in…
5 May 6AM 1 min

Passasier op hantavirus-vaartuig sê dis vreesaanjaend

Die MV Hondius is steeds geanker naby die hawe van Praia, Kaap Verde, terwyl gesondheidsowerhede en die Wêreldgesondheidsorganisasie 'n bevestigde hantavirus-uitbreking bestuur. Tot dusver is daar drie bevestigde sterftes met 'n Britse passasier wat tans in 'n kritieke maar stabiele toestand in 'n intensiewe sorgeenheid in Johannesburg is. Daar is…
5 May 6AM 1 min

Eerste versveiling ooit vind Vrydag plaas

Die katalogus vir die opkomende 100-versveiling is tans beskikbaar. Die veiling gaan op 8 Mei plaasvind by Hochveld Agri Pens - die eerste in sy soort vir Namibië, waar net vroulike diere te koop sal wees. Die veiling word deur Martenique Scott en Marco Seefeldt gereël. Kosmos 94.1 Nuus het…
5 May 6AM 1 min